Volkslied van die Russiese Federasie

Die volkslied

Die Volkslied van die Russiese Federasie (Russies: Гимн Российской Федерации, Gimn Rossijiskoi Federatsii) is in 2000 deur president Wladimir Poetin ingestel. Die musiek stem ooreen met dié van die volkslied van die Sowjetunie, maar is van nuwe teks voorsien. Die vorige volkslied, die Patriottelied, wat deur president Boris Jeltsin ingestel is, was nooit baie gewild nie.

Die musiek is geskryf deur Aleksandr Aleksandrof en die teks is deur Sergei Michalkof, wat ook die medeskrywer was van die teks van die volkslied van die Sowjetunie.[1][2][3]

  1. https://web.archive.org/web/20120721054654/http://www.nationalanthems.me/russia-national-anthem-of-the-russian-federation/ NationalAnthems.me. Besoek op 23 November 2011; Geargiveer op 21 Julie 2012.
  2. https://cis-legislation.com/document.fwx?rgn=1423 Federal Constitutional Law on the National Anthem of the Russian Federation; 2000-12-25; besoek op 2015-01-27.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kremlin

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search